Mariscke vaar goed by SA’s

Deur Barnie van Heerden

0
81
The Bulletin Newspaper

Parys – Die jaar se SAWMGA (Ssouth African Western Mounted Games Ascosiation) se Nasionale Kampioenskap het vanaf 7 Oktober in Parys by die Afridome plaasgevind. Die toestande het die ruiters deeglik beproef met sand arenas wat beide die perd en ruiter tot op hulle uiterste getoets het. Die sterk winde en droë toestande het die stof erg laat staan en het bygedra tot die moeilike omstandighede.
Daar was ʼn totaal van 372 ruiters wat op vyf vlakke deelgeneem het. Getrou aan die tradisie was die kompetisie baie straf en die uitslae, asook tye het dit bevestig, met sewe nasionale rekords wat gespat het. Met drie van die items is die rekords in drie agtervolgende lopies gebreek. Vir Secunda het Mariscke Groenenwald en haar perd Tokyo die Mpumalanga-span verteenwoordig. Sy was een van 87 ruiters wat op Vlak 3 deelgeneem het. Sy het haarself baie goed van haar taak gekwyt en in vyf van die twaalf items Vlak 4-tye gelewer om sodoende algeheel 14de te eindig met 839 punte.
Haar top-uitslae het sy bereik in die Quadrangle waar sy derde geëindig het. Haar tyd van 21.077 sekondes was slegs 0.46 sekondes stadiger as die wentyd van 20.619 sekondes. Hierdie tyd is ʼn tyd gelykstaande aan ʼn Vlak 4-tyd.
Haar ander uitslae was as volg: Barrel Race – 39ste met ʼn tyd van 21.986 sekondes; BiRangle – 32ste met ʼn tyd van 15.874; Big T – 77ste met ʼn tyd van 19.547; Figure 8 Flags – 6de met ʼn tyd van 13.368 (Vlak – tyd); Figure 8 Stakes – 13de met ʼn tyd van 12.533; Hurry Scurry – 8ste met ʼn tyd van 11.206 (Vlak 4-tyd); Poles 2 – 15de met ʼn tyd van 25.470; Poles 1 – 36ste met ʼn tyd van 13.112; Quandrangle – 3de met ʼn tyd van 21.077 (Vlak 4-tyd); Single Stake – 27ste met ʼn tyd van 10.496 (Vlak 4-tyd); Speedbarrels – 16de met ʼn tyd van 11.028 (Vlak 4-tyd).

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here