Krieket 6’se vermaak

In poel A het Sasol 1 teen Emba in die kwarteindstyd gespeel en gewen terwyl Piet Retief teen Middelburg verloor het.

0
51

Die kleiner spanne het vir groot opwinding gesorg tydens die uitnodigingstoernooi wat die afgelope naweek gehou was.
Die krieket is oor twee dae by Sasol-ontspanningklub gespeel. Saterdag was dit die klub se uitnodigingspanne wat deelgeneem het. Daar was twee poele met Sasol 1, Sasol 4, Piet Retief, Suspects, Emba en Middelburg Cycads in poel A, en Sasol 2, Sasol 3, Kinross, Ermelo Froggs, Bethal Bears en Bethal Old Boys in poel B.
In poel A het Sasol 1 teen Emba in die kwarteindstyd gespeel en gewen terwyl Piet Retief teen Middelburg verloor het.
In poel B het Sasol 3 vir Bears geklop in die kwarteindstryd terwyl Sasol 2 die Ermelo Froggs geklop het.
Sasol 1, 2 en 3 en Middelburg was in die halfeindrondes waar Sasol 1 vir Sasol 2 geklop het en Middelburg vir Sasol 3 geklop het. Sasol 2 en 3 het besluit om 3de plek te deel.
Sasol 1 het die Cycads in die eindstryd geklop.
Die Beste kolwer was George Louw van Sasol 2 en die beste bouler was Gerald Ngwenyama.
‘n Korporatiewe dag is Sondag aangebied met vyf spanne wat ingeskryf het, naamlik AngloV3, S.m.c.w, Amjenton met 2 spanne en Slugs on the run.
Anglo V3 en Slugs het in die eindstryd kragte gemeet, maar Slugs het die oorhand gekry. Die twee Amjenton-spanne het vir die derde plek uitgespeel.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here