Heinro blink uit

Heinro skerts dat hy van kleins af skiet en nou beter as sy pa kan skiet

0
159
The Bulletin Newspaper

Heinro Helberg van Hoërskool Hoogenhout is ‘n skut van formaat.
Hy het tweede gekom in die o.16-afdeling van die Mpumalanga-skietkampioenskap en gaan vandeesweek aan die nasionale kampioenskap in Newcastle deelneem.
Heinro is een van 24 skuts in Mpumalanga wat gekies is om aan die nasionale kampioenskap deel te neem.
Die windbuks waarmee Heinro skiet, is ‘n Air Arms S400 PCP wat sowat 800 voet per sekonde skiet. Die kaliber is .177inch. Teikens word op 10m geplaas. Die skuts kan eers onbeperk op die oefen-teikens skiet waarna hulle dan sleg een skoot op elk van die 20 teikens mag skiet.
Daar word dan vanuit 3 posisies geskiet, naamlik lê, kniel en staan. Ná hierdie rondtes is daar twee olimpiese rondtes, naamlik staan en teiken op 10m.
Die kompetisies word binneshuis gehou en daar word gereeld by Hoogenhout geskiet om in oefening te bly. Afstande wissel dan tussen 10m en 25 meter en daar word na valplate geskiet.
Heinro skerts dat hy van kleins af skiet en nou beter as sy pa kan skiet.
Meghan Keyser het aan Heinro ‘n mobiele tablet oorhanding ter erkenning van sy prestasie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here