SAWV hou gedenkdiens

Erfenisdag is ʼn dag waarop alle Suid-Afrikaners net moet stilstaan, dink aan hulle herkoms en wat dit gekos het.

0
96
The Bulletin Newspaper

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging se projek en Gedenkdiens “White Dove” is op Maandag 25 September vir die eerste keer by die SAW Muur van Herinnering, liggende op die gronde van die Voortrekker Monument in Pretoria, gehou.
Die SAWV Militêre Veterane se oogmerk is om elke jaar Erfenisdag te gebruik om diegene wat die hoogste prys betaal het, aan beide kante van die oorlog, in gedagtenis te roep.
Erfenisdag is ʼn dag waarop alle Suid-Afrikaners net moet stilstaan, dink aan hulle herkoms en wat dit gekos het.
ʼn Dag waarop elkeen sy geskiedenis en kultuur in ere kan hou, ook al is dit net ‘n klein gebaar, soos die plasing van ʼn enkele Protea by die SAW Muur van Herinnering. – Aart Reedijk

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here