Geboei….om te Bloei Projek

Om ʼn bloedskenker te wees, moet jy tussen die ouderdom van 16 en 65 wees, meer as 50kg wees en ʼn veilige en gesonde leefstyl lei.

0
110
The Bulletin Newspaper

Dis weer tyd vir die jaarlikse Geboei…om te bloei-projek.
Die Skenkerkomitee van Teksa Bloeddiens daag almal uit om te kom bloed skenk by Secunda Bloeddiens tydens hulle spesiale Geboei…om te bloei-promosie op 14 Oktober.
Secunda Bloeddiens sal oop wees vanaf 08:00 – 13:30, en die teiken is om 100 eenhede bloed in te samel. Lede van die publiek gaan gevangene geneem word en mag eers vrygelaat word as hulle 10 skenkers kan kry om vir hulle bloed te skenk op 14 Oktober.
Volgens SANBS is dit dikwels moeilik is om bloedvoorrade op die vereiste vlak te hou. Die behoefte aan bloed oorskry dikwels die skenkings, omdat gereelde bloedskenkers die daad afstel soos wat hulle besiger raak met planne en aktiwiteite.
“Hospitaalpasiënte veg steeds teen kanker, herstel van motorongelukke en sterk aan ná lewensreddende operasies. Iemand daar buite wag altyd op daardie bloedproduk om hul lewe te red,” volgens Dot Prinsloo, skakelbeampte; Teksa, Mpumalanga-streek
Om ʼn bloedskenker te wees, moet jy tussen die ouderdom van 16 en 65 wees, meer as 50kg wees en ʼn veilige en gesonde leefstyl lei.
Drink asseblief baie vloeistof en eet ‘n gebalanseerde maaltyd voor skenking.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here