Biltong en Braaifees ‘n wenner

Daar was ‘n mallemeule, ‘n 4x4-baan en ‘n “colour run” onder andere wat gesorg het vir groot plesier.

0
92
The Bulletin Newspaper

Die jaarlikse Biltong & Braai Fees van Hoërskool Secunda/Goudveld Slaghuis was ‘n reuse sukses. Daar was hope pret vir almal.
Daar was ‘n mallemeule, ‘n 4×4-baan en ‘n “colour run” onder andere wat gesorg het vir groot plesier.
Verskeie kunstenaars het die skare vermaak met hulle sang en musiek. Gesinne kon in die Remax-braai-area braai. Dan was daar ook Trompoppies en ‘n kaskar-wedren. “n Varsprodukte-mark het gesorg vir groen goeitjies by die huis en ook selfs by die braai.
Daar was hope kos en biltong beskikbaar en die bywoning was baie goed. Dagboek die volgende Erfenisdag en kom vier dit by Hoërskool Secunda/Goudveld Slaghuis se Biltong en Braaifees volgende jaar.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here