Die Umuzi Week of Festivals is met ons!

0
357
The Bulletin Newspaper

Laat ons maar eerlik wees, wanneer mense uitvind ons is van Secunda, kry hul gewoolik so snaakse trek op hul gesig, of is die volgende vraag ”… Secunda??… waars dit?!”  Dus is dit alles behalwe maklik, om iets te skep wat die Gautengers en die mense van die dorpe om ons, hierheen bring.

Die een ding wat ons verseker weet, werk is sport, en daarom het ons soveel sportsoorte moontlik probeer betrek. Ons is uiters dankbaar dat soveel sport organisasies en klubs betrokke geraak het om die sport byeenkomste te reel.  Sport is die een ding wat ons Reenboog nasie nog bymekaar bring en daarom het ons besluit om dit die Rainbow Sportfest te doop.Verskeie pad wedlope, pretlope , fietsry, stoei rugby, hokkie,sokker,motocross, n 4×4 toernooi, Vliegtuig navigasie kompetisie, die Lake Umuzi Regional Motor Rally, dirt bikes n Nasionale Swartbal toernooi en meer! Ons kan net hoop dat dit van krag tot krag sal gaan in die jare wat kom!

Van 30 September tot 8 Oktober is dit tyd vir die jaarlikse Aquazone Springfest. Daar sal weer daagliks Boeresport wees en die nuwe dek sal gedeeltelik klaar wees vir eksta spasie. Vir die wat nog nie die nuwe Blou Mamba probeer het nie, sal dit baie geniet. Die Lazy River is ook verleng, vir die wat iets rustig verkies. Om dit bekostigbaar te maak vir die wat gereeld wil kom is daar Naweek en Mid-week pakkette tydens die Lentefees. Vrydag 6 Okt skop die jaarlikse 6 tot 16 waterpartytjie af waar die glybane tot laat oop gehou word en die jong klomp kan baljaar. Jammer, maar mense ouer as 16 word nie in die park toegelaat nie en moet maar die jong klomp van die dek by Bosveld Lapa beskou.

Hope bekostigbare pret wag vir die kleintjies en hul ouers. By Carnival Square kan kinders tydens die fees solank speel as wat hul wil vir slegs R50 ipv net die gewoone 2ure en Rocky Waters se fees tariewe is slegs R25 pppr ipv R35. Van 2 tot 6 Oktober sal daar daagliks in die oggende kinderpret, poppekas, kindervertonings, mimiekvertonings en narre wees om die kleintjies te vemaak gereel deur Toyville en Planet Pawn. Boonop sal daar vir die groter kinders n Merry-go-round vir die hele week wees op die oop area langs Proconics.

Die 3de Lake Umuzi Oktoberfees op die dekke van EISH!!, vind oor al 10 dae plaas. Hierdie jaar, met die hulp van Timbercity en House of Tiles in Trichardt, kon ons die ingang absoluut gratis maak vir diegene wat ook wil deel in die pret, maar gewoonlik by die huis moet sit. Die musiek gaan meer akoesties van aard wees, dus lekker kuier musiek. Verskeie bekendes en opkomende kunstenaars tree op deur die week. Vir diegene wat nog Springbok ondersteuners is en wat nog hoop het, kan altwee toetse op die massiewe digitale skerm kyk. Wie weet, dalk maak ons nog a “comeback”! Kom geniet die opwinding tussen al die ander onderstueners. En as ons sou verloor….die bier sal koud wees. Kuier in die Ocean Basket, Dros of Bosveld Lapa of EISH!! Daars nou geen verskoning om weg te kruip in die gate nie….wees deel van die pret….GRATIS! Tydens die Oktoberfees is daar veskeie vertonings soos die Flying Lions en Nic de Wit se freestyle MX “backflip” vertonings. Al die vertonings is moontlik gemaak met die hulp van Prommac en Lynco en RickyB.

Net vir n afwisseling van die Bierfees, het ons wynmense die 3e jaarlikse WYN-INNI-TYN. Hierdie jaar vind dit oor vier dae plaas in die tuine van Boesies Restaurant en funksie Lokaal. Om dit bekostigbaar te maak sluit die ingang van R150pp die vertonings en wynproe in. Die onderskye Wynlandgoede se wyne is beskibaar teen kelderpryse om aangekoop te word. Nie net om op die aand te geniet nie, maar ook om huis toe te neem of om te bestel. Natuurlik sal daar iets te ete tekoop beskikbaar wees om saam die wyn te geniet. Phillippe Abelovi sal elke aand inlui met soet Franse Klanke gevolg deur n wynproe sessie gevolg deur die onderskeie gas kunstenaars en

Lekker kuier in die tuin. Maandag aand is Adam Tas die gaskunstenaar met die wyne van Groot Constansia die oudste wynlandgoed in die land, Dinsdagaand vergas ou bekendes Richard vd Westuizen en Lochner De Kock en Andew Roos, ons met die wyne van Rietvallei van Robertsonvallei, Woensdagaand is dit die beurt van die Radio Kalahari Orkes van Ian Robberts en die wyne van Beyerskloof van Stellenbosh, welbekend vir sy Pinotage. En Donderdag aand sluit WYN-INNI-TYN af met die wyne van Boplaas Familie Wyne spesiaal voorgestel deur Rozanne Nel haarself en die nimlike Jak De Priester. Woensdag en Dondrdag sluit die Foxtrot Band by ons aan en sien uit om te luister na hul vars klanke. Vir die wat hou van lekker laat kuier het ons n jong verassing wat die kuier na die oggend ure sal neem…..

Ons sien uit om wyn liefhebbers van ons omliggende dorpe en plase ook by ons te verwelkom en om saam te kuier. Daar is ook nog n beperkte aantal week kaartjies beskikbaar teen slegs R100pp per aand(R400 vir 4 aande, 4 wynlandgoede, 4 hoof kunstenaars)

En laastens, maar eintlik eerstens, die splinternuwe  MISTY WATERS MUSICFESTIVAL! Die belangrikste strategie om mense so ver te kry om hul vooroordele van Secunda te verander en om darem te weet waar dit op die kaart is, is om jong mense te kry om te verander. Hulle is die groot mense en jong ouers van more en as ons oor die volgende 10 jaar dit kan reg kry om al hoe groter wordende groepe mense na Secunda toe te lok met goeie musiekfeeste sal die houding gaande weg verander.

Die mense wat 2 weke terug na die vertoning van JoBlack kom kyk het, het net n proesel gekry van wat kom. Met nog meer klank en ligte en 25 van die warmste bands in die land, drie dae aanmekaar….

Meer as genoeg voorsiening vir yskoue bier teen baie bilikke pryse( R20 per gewone bier, R25 per 500ml Tapbier) en baie kosstalletjies kan heeldag gekuier word. Die idée is dat soveel mense moontlik moet kampeer om karre van die paaie te hou. Indien die gewone terein vol is is daar heelwat plek onder die bome langs die dam. Natuurlik kan kampeerders en indien iemand n naweekpas het hul eie koelhouers in bring vir vleis braai deur die naweek. Dagbesoekers moet deur die draai hekke en kan ongelukkig nie koel houers inbring nie. Daarvoor is daar baie bekostigbare drink en eet goed.

Om te sorg vir meer tent staanplek en vir veiligheid van die feesgangers word geen voertuie(behalwe nood voertuie en werkers) in die fees en kampterein toegelaat nie. Daar is volop parkering op die Lake Umuzi Suidoewer binne die omheining met 24hr wagte.  Hulp om tente en toerusting in te neem sal beskikbaar wees by die hek. Voertuie wat karavane sleep kan net afhak en dan buite parkeer. Naweek toegang is slegs R390 per persoon( kampering is gratis). Vir saterdag en Sondag is dit R290 per persoon. Dag toegang is as volg Vrydag R100pp, Saterdag R150pp en Sondag R190pp. Maar onthou, om die volle gevoel van die naweek te kry is die oorslaap amper noodsaaklik.

Dus wag daar 10 Dae van pret vir almal, van die jongste tot die oudste! Byvoorbaat wil ons graag die Secunda Nooddienste, SAP, die CPF, Langemed en almal wat n bydra gemaak het om alles gereel te kry, bedank vir hul bydraes.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here