Battle of the Giants-uithourit

Dit is ‘n groot familie-byeenkoms en die ruiters kamp sommer op die plaas

0
76

Leandra-perdryklub het die afgelope naweek een van hulle gewilde uithouritte, die Battle of the Giants, op die plaas Moedverloren gehou.
109 Ruiters het deelgeneem. Die afstande het gewissel van 120km, 80km en 40km, en die uithouritte was taamlik tegnies.
Die 120km-rit was opgebreek in ‘n paar bene, naamlikl 40km, 40km, 30km en laastens 10,5km. Die 80km-uithourit was ook soortgelyk ingedeel. Sodra die perde en ruiters inkom het hulle 20 minute om by die veearts te kom. Hulle kan eers veearts toe gaan sodra die perd se hartklop onder 64 slae per minuut is. Ná die veeartse die perde ondersoek het, is daar ‘n verpligte rustyd van 40 minute. Eers ná hierdie rusperiode mag hulle op die volgende been vertrek. Na die laaste been het die ruiters 30 minute om by die veearts aan te meld.
Nuwe (of Novice) perde mag ook nie viniger as 16km per uur hardloop nie. Dit is om te verseker dat die diere eers behoorlik fiks word en ook gewoond word aan uithouritte. Ruiters sorg ook dat hulle ryfiks is, anders kan ‘n verkeerde saal nogal lol op mens se sitvlak.
Die perd-ras wat meestal gebruik word vir uithouritte is die Arabier- perd of Arabier-kruising. Sommige ruiters gebruik ook Boerpede om mee te ry. Die gesondheid van die perde is van uiterste belang en daar was vyf veeartse teenwoordig om na die perde om te sien indien dit so nodig wees. Een van hierdie veartse is dan ook aangewys as die toegewydste veearts indien daar ernstige kwale is by die perde. Tussen die afstande doen die veeartse voledige ondersoeke op die perde. Hulle kyk ondermeer na die drafstap van die perd, met ander woorde is die perd dalk mank. Hulle kyk ook of die perd sere het, ensovoorts.
Dit is ‘n groot familie-byeenkoms en die ruiters kamp sommer op die plaas. Die sport is ‘n lekker familie-sport, want daar is altyd iemand nodig om die perd vas te hou, of iets aan te gee.
Leandra-klub bied 3 ritte ‘n jaar aan. Die volgende rit is die laaste naweek in Januarie 2018. Die ritte word genoem die: Battle of the Youngsters, Battle of the Ladies and also the Battle of the Giants.
Vanjaar se Battle of the Giants was deur Roodt van Zyl van Noord Wes provinsie gewen met ‘n tyd van 03;43;57 oor ‘n aftand van 80km. Roodt het ook die “Bes voorbereide perd” by die swaar gewigte geqwen asook “Best of the Best”

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here