Marie en Hendrik 50 jaar getroud

Hendrik se raad aan sy kinders is dat ‘n mens nooit kwaad moet gaan slaap nie

0
537
The Bulletin Newspaper

Marie en Hendrik Prinsloo het op 9 September die groot mylpaal van 50 jaar getroud gehaal.
Die familie het besluit om die egpaar te verras met ‘n verrassingstroue. Hier het hulle ‘n herbevestiging van hulle beloftes aan mekaar gemaak.
Met vier kinders is hulle ook oupa en ouma vir 13 kleinkinders en ses agter-kleinkinders.
Charlene Jordaan vertel dat haar oupa en ouma hul wenresep graag deel: ‘’Om mekaar lief te hê met Jesus se liefde, want liefde oorwin alles.’’
Hendrik se raad aan sy kinders is dat ‘n mens nooit kwaad moet gaan slaap nie en dat mens nooit moet opgee wanneer iets gebroke is nie maar eerder die stukke optel en dit saam weer aan mekaar sit.
Weke se voorbereiding het en eindbeplanning het vir n groot sukses gesorg sê Charlene, maar die dag was ook nie sonder ‘n bietjie drama nie.
Hierdie keer was dit die “bruidegom” se skuld dat die bruid laat was vir die troue. Die trou-reëlings moes alles in die geheim plaasvind en daarom het Marie en Hendrik niks daarvan geweet nie. Die kinders het toe maar vertel dat daar ‘n foto-sessie gereël is en dat die egpaar vir dié geleentheid moes optof.
Sowat ‘n uur voor die tyd is die Bruid gaan haal met die verduideliking dat die Bruidegom later opgelaai sal word. ‘n 1970 Volvo 122S is spesiaal gereël om vir Hendrik te vervoer, maar met die aankoms by die huis was Hendrik skoonveld! Dit het ‘n groot gesoek afgegee om hom op te spoor.
Hierna het alles klopdisselboom verloop. Die enigste verskil tussen die egpaar se troue in 1967 en 2017-troue is dat Marie en Hendrik se nageslag die geleentheid kon meemaak en in hul geluk gedeel het….en dat Hendrik hierdie keer die ring onthou het.
Die familie wil graag die volgende borge bedank wat hierdie dag so ‘n groot geleentheid gemaak het: Pieter de Frey – 1970 Volvo 122s; Liefling Photography; Panarottis Secunda Mall; Montagu Secunda Mall; Pick n Pay Secunda; Cappucino’s Secunda Mall; SterKinekor Secunda Mall.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here