Fotograwe skryf beste foto’s in

0
1332
Pierre Jordaanse foto Luiperdwyfie was die beste onder die senior fotograwe.

Lede van die Hoëveldse-fotografieklub het op Vrydag, 11 Augustus vergader en fotograwe het hul beste foto’s vir die maand ingeskryf.
Martin Barber was die beoordelaar vir die aand en het ook van sy foto’s met lede gedeel.
Dr. Leon Pelser was die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling met sy foto There was Life.
Die voorgeskrewe onderwerp vir die maand was Low Key.
Pierre Jordaan was die wenner onder die senior fotograwe met sy foto Luiperdwyfie en Koos Janse van Vuuren was die wenner onder die junior fotograwe met sy foto Two Kudu.
Die Hoëveldse-fotografieklub vergader weer in September by die Sasol-klub.
Vir meer inligting, skakel Pierre Jordaan by 082 465 0248.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here