Pietertjie Brits benodig hulp

0
457
Pietertjie Brits ly aan ’n velsiekte wat moontlik met epilepsie gepaard gaan.

Pietertjie Brits (4) van Bethal, is in 2013 met ’n baie rare velsiekte gebore.
Dié siekte, LCMN (Large Congenital Melonchytic Nevus) veroorsaak dat Pietertjie swart kolle op sy hele lyfie het.
Hy is met dié kolle gebore en sy ouers, Pieter en Michélé Brits, het groot geskrik toe hy gebore is.
“Ons het baie vrae gehad,” het Michélé gesê.
“Ek het myself afgevra of ek iets verkeerd geëet het, of te veel spanning beleef het, of te hard gewerk het.”
Dokters het nie geweet wat dit was nie en Pietertjie is na ’n velspesialis in Pretoria verwys.
Die tweede velspesialis wat hy gaan sien het, het gesê Pietertjie ly aan ’n rare velsiekte wat net een uit sowat 500 000 mense kry.
Michélé het die kolle, wat nou bruiner is en nie meer swart soos toe Pietertje gebore is nie, beskryf soos geboortevlekke, maar net dieper en dit kan nie soos geboortevlekke met laser-behandeling verwyder word nie.
Pietertjie het vier verskillende tipes kolle op sy liggaam en mag nie in die son kom nie.
As hy in die son kom, kan die UV-strale van die son lei tot velkanker.
Sy ma sit vir hom baie sterk sonbrandroom aan as hy buite gaan speel en sy het ook klere laat maak van spesiale materiaal wat Pietertjie se lyf teen die son beskerm.
“Hy is vir ons mooi net soos wat hy is en ons is lief vir hom,” het Michélé gesê.
Pietertjie gaan na ’n kleuterskool op Bethal en hy het drie boeties, waarvan die jongste drie maande oud is.
Pietertjie is vroeër vanjaar met epilepsie gediagnoseer ná hy verlede jaar tekens van epilepsie begin toon het.
Hy is tans op medikasie vir dit.
Hy kry sowat twee aanvalle daagliks en hy is verlede week weer na die dokter nadat sy aanvalle erger begin word het.
Die dokter het Pietertjie se medikasie aangepas en ook vir hom medikasie vir hiperaktiwiteit gegee.
Pietertjie moet nou vir ’n maand op dié medikasie bly en as dit nie verbeter nie, sal die dokter hom weer sien en moontlik ’n operasie doen as die epilepsie met die velsiekte verbind is.
Pietertjie sal nou ook jaarliks vir brein-skanderings moet gaan.
Die gesin het ’n mediese fonds, maar dit dek nie al Pietertjie se mediese uitgawes nie.
As jy die gesin wil help, skakel Michélé by 084 378 0448.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here