Boeta Homan se duiwe het vier wedvlugte na mekaar gewen.

Lede van Sasol-posduifklub het onlangs hul seisoen afgeskop.
Nico Britz, voorsitter van die posduifklub, het belangstellendes genooi om by dié klub aan te sluit of om op Donderdagaande om 19:00 by die Sasol-klub te gaan kyk hoe die duiwe ingekorf word.
Die Sasol-posduifklub is geafillieer by die Suidoos-Transvaalse Posduif-unie en by die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduif-organisasie (SANPO) en hulle ding mee teen ander klubs wat ook by dié organisasies geafillieer is.
Die wedvlug-seisoen het vroeg in Junie begin en duur tot einde September.
In die begin van die seisoen neem die duiwe aan kort afstand-wedvlugte van sowat 250 tot 400km, deel.
Later in die seisoen begin die middelafstande wat sowat 400 tot 600km is en teen die einde van die seisoen langafstande wat sowat 600 tot 800km is.
Die duiwe vlieg die afstand vanaf Colesberg terug na Secunda en omgewing binne ’n dag.
Volgens Nico, wat self op sy dag aan padwedlope deelgeneem het, moet die duiwe soos atlete afgerig word en gereeld oefen in die vlugseisoen.
“Elke persoon het sy eie unieke metodes wat hy gebruik om sy duiwe af te rig,” het Nico gesê.
Duiweboere laat gewoonlik die duiwe eers kort afstande vlieg soos 10 tot 15km en later laat hulle die duiwe al verder van die huis af los om te oefen.
“Die duiwe word dan fiks en dit is net soos om ’n atleet te brei,” het Nico gesê.
Kos is ’n belangrike faktor met wedvlugduiwe.
“As jy die regte balans tussen kos en oefening vir jou duiwe gekry het, het jy duiwesport bemeester.
“Die duif kan nie te swaar wees nie en hy moet gemotiveerd wees om terug te kom na sy hok toe.”
Duiwesport is ’n gesinssport en volgens Nico kan die hele gesin deelneem.
Volgens Nico en Stanley Viljoen, nog ’n plaaslike duiweboer, word die boere baie lief vir hul duiwe.
“Hulle word baie mak en eet uit mens se hande,” het Nico gesê.
“As hulle verlore raak wonder ’n mens maar altyd waar is jou duifie,” het Stanley gesê.
Al die duiwe het ringe om hul pote met die eienaar se telefoonnommer op.

Wedvlug uitslae</strong
Wedvlug 5 Augustus vanaf Springfontein
Duiwe het ’n afstand van 536km afgelê.
Afdeling: jaar-oud
Boeta Homan: 1,2
Eiber en Neetling: 3,5
Ernest de Nysschen: 4,6
Viljoen-gesin: 7
Britz en Seun: 8
Frik Stander: 9, 10
Afdeling: Ope
Boeta Homan: 1, 2,4, 5, 6
Eiber en Neethling: 3
Viljoen-gesin: 7
Kinders van die Wind-span: 8
Hendrikus van den Heever: 9
Jan Badenhorst: 10

Wedvlug 12 Augustus vanaf Gariepdam
Duiwe het ’n afstand van 580km afgelê
Afdeling: jaar-oud
Boeta Homan: 1, 5, 10
Eiber en Neethling: 2,6,7
Frik Stander: 3,8
Buks Snyman: 4
Britz en seun: 9
Afdeling: Ope
Boeta Homan: 1,2,3, 7, 9
Eiber en Neethling: 4,5
Viljoen-gesin: 6
Jan Badenhorst: 8
P. Steyn-gesin: 10

Wedvlug 19 Augustus vanaf Gariepdam
Duiwe het ’n afstand van 580km afgelê
Afdeling: jaar-0oud
Ernest de Nysschen: 1
Breet-hokke: 2,6
Britz en seun: 3,4
Buks Snyman: 5,9
P Steyn: 6
Eiber & Neethling: 10
Afdeling: Ope
Viljoen-gesin: 1,7,8, 10
Frik Stander: 2,3
Britz en seun: 4,9
Hendrikus van den Heever: 5
Boeta Homan: 6

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here