Anton Smuts (64) se verkoolde liggaam is Saterdagaand gevind.

Anton Smuts (64) ’n boer van Kinross, is Saterdagaand op sy plaas dood.
Sy bakkie en verkoolde liggaam is omstreeks 19:40 op sy plaas gevind.
Volgens sy seun, Henri Smuts, was dit sy pa se gewoonte om op Saterdagmiddae om die plaas te ry en die lyndrade na te gaan.
Hy is vermoedelik geskiet waarna die aanvallers vermoedelik met hom ’n ent in sy bakkie gery het en dit later aan die brand gesteek het.
Henri het gesê hulle sal sy pa as ’n goeie mens onthou wat altyd bereid was om ander te help.
Hy het ondernemings gehad, maar het die laaste paar jaar afgeskaal en voltyds geboer.
Anton laat sy vrou, Mariaan Smuts, twee kinders en vier kleinkinders na.
Begrafnisreëlings sal eers oor twee weke getref kan word omdat die nadoodse ondersoek dan eers afgehandel sal wees.
Volgens, Kol. Mtsholi Bhembe van Kinross Polisie, het Anton sy huis op Leandra verlaat om na die plaas naby Kinross te gaan.
’n Ander boer het glo gesien iets brand en ondersoek ingestel waarna hy op Anton se brandende bakkie en verkoolde lyk afgekom het en die polisie in kennis gestel het.
Die polisie ondersoek nog die saak en enige iemand met inligting, kan konst. Tlaishego Makgopa skakel by 017 687 0033 or 072 781 0131.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here