Die Highveld Flames-netbalspan het op Vrouedag (9 Augustus), ’n sosiale netbaldag by Hoërskool Oosterland aangebied om geld in te samel om op die Kaapstad 10s -netbaltoer wat volgende jaar in Kaapstad plaasvind, te gaan.
Die Highveld Flames is ’n amateur-span wat weer buite-netbal in die Hoëveldrif-streek op die been wil bring nadat dit doodgeloop het.
Die Ermelo-span het die A-afdeling van die netbaldag gewen, terwyl die Red Chillies tweede geëindig het en die Fury-span derde.
Die Highveld Flames het op ’n vriendskaplike basis aan die netbaldag deelgeneem en was onoorwonne.
KG Fit was die wenners van die B-afdeling, Seeff het tweede geëindig, Vestra het derde geëindig, Dikkelicious het vierde geëindig en Iemas vyfde.
As jy by die Highveld Flames-netbalspan wil aansluit, of hulle wil borg of ’n bydrae wil lewer, skakel Leatitia by 071 137 2951 of Annaretha Fourie by 082 410 0306.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here