Hoërskool Oosterland se orkes het Saterdagaand (5 Augustus) ’n vertoning in die Johannes Stegman Teaer aangebied.
Die seremoniemeester was Dieter Uken en die 60 orkeslede het ’n keurspel van verskeie liedjies opgevoer en die Final Countdown is opgedra aan die matrieks vir 2017.
Die Hoëveld Streekkoor het ook opgetree Gospel-liedre gesing.
Brian Boucher wat by albei orkeste betrokke is, het die Springs Boys High School se orkes wat uit 46 lede bestaan, ook gelei en albei orkeste het saam opgetree en met 106 instrumente musiek gemaak.
Oosterland orkes berei tans voor vir die Taptoe-vertoning wat op 14 Oktober plaasvind.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here