Marietje Skool Lentemark kom nader

0
2271

Marietjie Skool se jaarlikse Lentemark vind plaas by die skool in Third Lane, Silkaatskop op 21-28 September.
Die mark sal daagliks oop wees vanaf 09:00 tot 19:00 en daar is baie nuwe uitstallers.
Van die ware wat by die stalletjies te koop gaan wees, sluit in skilderye, badbederfies, tuingereedskap, lekkers, toffies, verskeidenheid kase, braaigerei, borduurwerk, geroeste items, glas-dollas, klere, Heuning-produkte, handsakke, ‘scrapbooking’, rame, tuisgebak, speelgoed, biltong, houtmeubels, juwele, boeke, koue vleise, leerwerk, vinitage-ware, glassware, Nguni-velle en staalwerke. Daar gaan ook ’n springkasteel wees vir die kinders en ’n teetuin en wegneemetes. Vir meer inligting, skakel Anna-Marie Kruger by 084 513 9803.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here