Janika Smit het 10kg in ses weke verloor by die Slender Slimming Clinic.

Margie van Straaten het die Slender Slimming Clinic nege jaar gelede op Secunda en Standerton oopgemaak.
Mense is Margie se passie en dit is hoekom sy al vir die afgelope nege jaar mense met gewigsprobleme help om gewig te verloor en weer goed te voel oor hulself.
Volgens Margie, speel ’n mens se liggaam tog ’n belangrike rol in jou selfbeeld.
Sy meen elke mens het goeie en slegte eetgewoontes en gewigsverlies was nog nooit maklik nie.
Wanneer ’n mens iemand het wat jou bystaan, ondersteun en help, is dit gewoonlik makliker om deur te druk met gewigsverlies.
Die geheim rondom gewigsverlies is om te leer om gebalanseerd en gereeld te eet en om ’n gesonde leefstyl te volg waarvan water ’n kernrol speel.
Vetsug is ’n abnormale, onstabiele toestand van die liggaam waarin oortrollige voedsel in die liggaam in die vorm van vet geberg word.
Vetsug lei tot gesondheidsprobleme wat hoë bloeddruk, cholesterol en diabetes insluit.
Die oorsaak van vetsug is gewoonlik lae liptienvlakke in die liggaam.
Liptien is ’n proteïen-hormoon wat help om te keer dat die liggaam vette stoor, dit help ook om honger en belustigheid te beheer.
Wanneer ’n mens se liptienvlakke laag is, is jou liggaam geneig om vette vinnig te stoor en bly jy honger.
Daar is verskeie redes hoekom ’n mens se liptienvlakke daal.
Dié redes sluit in hormoonverandering onder vroue, swangerskappe, spanning en trauma en eetgewoontes.
Liptienvlakke in ’n mens se liggaam kan weer herstel word deur ’n kombinasie van die regte aanvullings en ’n gebalansseerde lae GI-eetplan te volg.
Sodra ’n mens se eetgewoontes weer in plek is, vervaardig die liggaam weer sy eie liptien.
Die somer is om die draai en as jy graag gewig wil verloor op ’n gesonde manier, laat Margie jou help.
Skakel haar by 082 450 4176.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here