The Bulletin Newspaper

Juanita Venter en Omega Schoeman, is op Dinsdag, 1 Augustus op Secunda in hegtenis geneem op aanklagtes van sameswering tot moord.
Dit kom nadat Paul Car in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem is en in die hof getuig het dat Juanita en Omega hom gehuur het om Juanita se eks-man, Jacques Venter dood te maak.
Juanita en Omega het op Donderdag, 3 Augustus in die Evander Streekshof verskyn en hul saak is uitgestel sodat hulle regshulp kan kry.
Hulle verskyn oor twee weke weer in die hof.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here