Go Purple en Spur het hande geneem en Woensdagaand ’n bewusmakingsveldtog by Spur gehou. Hiér is Gavin Patrick, Armand Riekert (Spur), Amanda Haywood, Lizelle Riekert (Spur) en Pieter Haywood.

Go Purple, die organisasie wat veg vir die regte van mishandelde vroue, kinders en mans, het op 26 Julie by Spur ’n bewusmakingveldtog gehou.
Spur het ook ’n deel van hul opbrengs vir die aand aan Go Purple geskenk.
Go Purple staan vir hoop, oorwinning, genesing en verandering teen geweld en verkragting.
Dié organisasie se boodskap is: Daar is genesing en oorwinning ná geweld.
Om vroue-maand te vier, het Go Purple se veldtog op 18 Julie begin en sal duur tot 22 September.
Hul leuse is: Maak gereed om te leef in God se Vryheid van vrouwees soos nog nooit te vore.
Hulle het enige iemand wat deur geweld of verkragting geraak word, aangemoedig om hulp te soek.
Vir meer inligting, skakel Amanda by 082 446 0013 of Juanita by 082 551 8990.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here