Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan het die Mpumalanga-liga gewen. By die span is Mike van der Walt (biokinetikus), George Matfield (adjunkhoof van Sport), Lourens Pieterse (hoof), JJ Hennop (hoofafrigter) en Willie Meiring (spanbestuurder).

Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan het die Mpumlanga-liga vir groot skole gewen Saterdag (29 Julie) op Ermelo.
Hulle het Ermelo geklop met ’n telling van 41-13.
Dié span was die hele seisoen onoorwonne.
Hulle speel op 12 Augustus in die Virseker-rugbyreeks (voorheen bekend as die Beeld -trofeereeks) in die kwarteindronde.
Secunda se netbalspanne het ook presteer en Mpumalanga verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse Top Schools-kampioenskap in Boksburg.
Die o.14-span het die liga gewen en die eerstge span het derde geëindig.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here