Baba Luke Britz is Vrydagaand (4 Augustus) omstreeks 23:55 in Steve Biko Hospitaal dood.
Klein Luke is sowat twee weke gelede uiteindelik uit die hospitaal ontslaan ná hy op 14 Februarie te vroeg gebore is.
Volgens sy ouma, Estie Smit, het Luke begin opgooi en die dokter het gesê hy moet dadelik opgeneem word.
Hy was eers in Witbank Hospitaal en is toe na die Steve Biko Hospitaal in Pretoria oorgeplaas.
“Die dokter het gesê dit lyk soos obstruksie in sy magie,” het Estie gesê.
Luke het aanvanklik nie gereageer op antibiotika nie, maar hy het later begin beter lyk en selfs Vrydag weer begin melk inneem.
Hy het egter later Vrydagaand opgehou asemhaal en dokters kon hom nie weer bykry nie.
Luke was sedert hy ontslaan is twee weke terug, steeds aan ’n asemhalingsmasjien by die huis gekoppel.
Die gesin kon teen druktyd nog geen begrafnisreëlings tref nie omdat die nadoodse ondersoek nog nie afgehandel is nie.
Die Britz-egpaar moet steeds die astronomiese rekening by ’n privaat-hospitaal op Trichardt, wat tans sowat R1.6 miljoen beloop, betaal.
Hulle skuld ook van die dokters nog sowat R80 000.
Luke se oupa, pastoor Hannes Smit, is op 1 Mei aan ’n hartvaanval dood toe hy en Estie oppad was om vir Luke te gaan kuier.
Pastoor Smit was die hoof-broodwinner van die gesin.
As jy wil help, skakel Estie by 074 601 6312.
Die bankbesonderhede van die rekening wat die gesin vir Luke gestig het is: Capitec Bank Secunda, Luke Britz, spaarekening, rekening nr – 151 424 3545.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here