Die Rhinos o.18-sewesrugbyspan het derde geëindig in die Harlequins o.19-sewesrugbytoernooi in Amerika.
Die span het op 22 Julie teruggekeer vanaf Dallas in Texas waar hulle teen verskeie ander spanne van Suid-Afrika en Amerika gespeel het.
Dié sewesrugbytoernooi is verlede jaar vir die eerste keer aangebied en dieRhinos-span het vanjaar vir die eerste keer aan dié toernooi deelgeneem.
Daar is verskeie spelers van Secunda wat Sive Veleman van Hoërskool Secunda, Katlego Thokwane van Hoërskool Oosterland en Omar Rodriques van Hoërskool Hoogenhout, insluit. Die spanbestuurder, Cobus van Rooyen asook die hoofafrigter, Andries Labuschagne, en assistent-afrigter, Steven Jacobs, en assistant-spanbestuurder, Hermann Swart, is ook van Secunda.
Andries, Steven en Hermann is al drie onderwysers by Hoërskool Oosterland en Cobus is ’n buite-afrigter by Oosterland.
Daar is ook spelers van Hoërskool Secunda, Hoërskool Hoogenhout, die Blou Bul-unie, die Valke-unie en die Noordwes-unie in die span.
Die hoofborg vir die toer was Hydra Arc en Johan Rosslee van Lake Umuzi het ’n geldinsamelingsdag gereël en die Lions-rugbyspan na Secunda gebring en Michael Lindeque van Lynco was een van die ander borge.
Die span het ook die kans gekry om toeriste-aantreklikhede wat die Six Flags-pretpark insluit, te besoek.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here