Lede van Solidariteiet Helpende Hand en die Black Fangs-motorfietsklub lewer kamerdiens by Davieshof op Donderdag, 20 Julie. Hiér is Esna Meades, Rosemary Odendaal, Bianca Steyn, Dikkes Swart, Geraldine Stoffberg, Gundi Groenewald en Sonja van der Merwe.

Solidariteit Helpende Hand se Secunda-tak het onlangs saam met motorfietsryers van die Black Fangs-motorfiertsklub uitgereik na die inwoners van Davieshof en hulle bederf met kamerdiens.
Elke inwoner het sop en ander lekker eetgoed in hul kamers ontvang.
Helpende Hand het ook onlangs ’n Cowboy-aand by Spur aangebied om geld in te samel wat aangewend word om behoeftiges te help.
Helpende Hand se nuutste projek is hul tweedehandse winkel wat sy deure op Dinsdag, 1 Augustus amptelik geopen het.
Dié winkel is geleë op die hoek van Laing en Scheepersstraat.
Opbrengs van dié winkel word ook aangewend om behoeftiges te help.
Helpende Hand het reeds suksesvolle tweedehandse winkels op ander dorpe.
Inwoners wat enige iets, van meubels tot klere tot kombuisware het om uit te gooi, kan dit by die winkel gaan aflaai.
Helpende Hand bied op Woensdag, 23 Augustus ’n Griekse-aand by Panarotti’s aan en inwoners gaan selfs borde kan breek teen R10 per bord.
’n Persentasie van die wins gaan aan Helpende Hand geskenk word.
Vir meer inligting oor Helpende Hand of hul projekte, skakel Geraldine Stoffberg by 072 967 9991 of besoek hul webwerf by www.helpendehand.co.za.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here