Natacha C, ’n kabaret-sanger van Mbombela en spreker, Nicolette Steel, het vroue Saterdag vermaak tydens ’n vroue-oggend wat by Plaas Holfontein aangebied is.
Val van den Berg het dié vroue-oggend gereël ten bate van Marietjie Skool.
Die tema vir die oggend was ‘Tel op jou Kop, jou Kroon val af’. Nicolette het vroue laat skater met haar snaakse staaltjies.
“Ek het geleer om myself lief te hê,” het Nicolette gesê.
“Jou brein luister heel eerste vir jou stem voor enige iemand anders se stem.
“Ons oortuig onsself ons is nie goed genoeg nie en wag dan vir iemand anders om vir ons te vertel ons is goed genoeg.”
Sy het vroue aangemoedig om net positiewe leesstof te lees en hulself besig te hou met positiewe dinge.
“Jy moet net neerkyk op mense as jy hulle wil ophelp of seker wil maak hulle het genoeg.”
Nicolette het afgesluit met ’n gedig wat sy self geskryf het.
In dié gedig het sy haarself afgevra wat sy nog alles wil doen as sy oud is en sy het besluit op dinge soos om met ’n aandrok te gaan swem.
Val het Minuteman Press, Holfontein Plaas, Dadiva, Elizabeth Hire Decor & Events, Spar, Westpack en Divergent Photography vir hul ondersteuning bedank.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here