Die NG Kerk op Evander het onlangs die tweede fase van die Jane van Niekerk-gedenkmuur voltooi.

Die NG Kerk op Evander het onlangs hul tweede gedenkmuur voltooi en dit in gebruik geneem.
Die eerste fase van die Jane van Niekerk-gedenkmuur is nege jaar gelede voltooi en is byna vol.
Die gedenkmuur is op die kerkterrein geleë by goedversorgde tuine.
Ds. Henri Roberts het die publiek genooi om hul geliefdes se as in die gedenkmuur te plaas.
Willie Weber van die kerkraad, het gesê familie en vriende kan die gedenkmuur enige tyd tydens kantoorure besoek of met die koster reël indien hulle dit op ander tye wil besoek.
Elke nis in die muur is geskik vir twee houers met as.
Dié gedenkmuur is vir die hele gemeenskap en nie net vir lidmate van die NG Kerk op Evander nie.
Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 632 2954.
Kantoorure is vanaf 08:00 tot 13:00 en die kerk se dienste is om 09:00 op Sondae en almal is welkom.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here