Ruben Lello van Sasol Hydra Arc-rugbyklub.

Sasol Hydra Arc-rugbyklub het Saterdag op hul tuisveld in die eindstryd van die Premier-liga met Witrivier kragte gemeet en Sasol 1 het hulle geklop met 35-34.
Sasol 1 is die Premier-ligawenners en het deurgedring om in die Gold Cup-liga te speel.
Die 20 beste spanne in die land neem aan dié liga deel en dit sal plaasvind vanaf 9 September tot 29 Oktober.
Die Spur Spelers van die Wedstryd is Shreck Kotze en Jannie van der Merwe.
Sasol 1 se puntemakers vir die wedstryd is Van der Merwe wat twee drieë verdoel het en twee strafskoppe deur die pale gestuur het , asook Pieter (Stretch) Streicher, Christiaan Wessels, Fanie Booysen, Wessel Booysen en Kotze wat elk een drie gedruk het.
Sasol 2 het ook hul wedstryd teen Nelspruit 2 gewen met ’n telling van 31-14 en is die Premier Reserwe-ligawenners.
Die Spur Spelers van die Wedstryd vir Sasol 2 is Reino Muller en Hancu Nel.
Die puntemakers is Carlo Kleynhans wat een drie gedruk het en drie drieë verdoel het, Reino Muller wat twee drieë gedruk het en Ruben Lello en Xander Young wat elk een drie gedruk het.
Sasol 3 het teen Ngodwana 1 gespeel in Mbombela en gewen met ’n telling van 57-19.
Die Spur Speler van die Wedstryd is Devin Pretorius en die puntemakers is Anver January wat een drie gedruk het en drie drieë verdoel het, Jaco Jacobsz wat drie drieë gedruk het en Pieter Odendaal, Happy Selepe, Karel Pieter de Jager, Endrico Jacobs en Given Thabalala wat elk een drie gedruk het.
Sasol 3 speel komende Saterdag weg teen Middelburg 2 en Sasol 1 en 2 speel op 5 Augustus weer op hul tuisveld wedstryde.
Hulle skop om 14:00 en 15:30 af.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here