Lede van die Secunda Suikerbekkies het op Woensdag, 12 Julie uitgereik na die seniorburgers van Davieshof en hulle bederf met sop en broodjies.
Twee plaaslike sangers, Renaldo Alberts en Henry Jansen van Rensburg, het die seniorburgers vermaak met hul musiek.
Die Suikerbekkies doen jaarliks ’n gemeenskapsprojek en dit was hul projek vir vanjaar.
Hulle volgende vergadering is op 16 Augustus om 09:00 vir 09:30 by Davieshof.
Vir meer inligting, skakel Venessa Erasmus by 082 824 0775.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here