Sasol-rugbyklub se eerste span het Middelburg 1 geklop met ’n telling van 36-12. Hiér is die spanne in aksie.

Sasol Hydra Arc-rugbyklub se eerste- en tweede spanne het Saterdag op hul tuisveld met Middelburg kragte gemeet en hul wedstryde gewen.
Sasol 1 se wentelling was 36-12 en die Spelers van die Wedstryd was Pieter (Strecth) Streicher en Neoi (Flats) Maliehe.
Die puntemakers was Fanie Booysen wat drie drieë verdoel en ’n strafskop deur die pale gestuur het, Jannie van der Merwe wat een drie verdoel het en Ruan van der Colff, Willem Martin en Juan (Shrek) Kotze wat elk een drie gedruk het.
Sasol 2 se wentelling was 55-24 en die Spelers van die Wedstryd was Righ Potgieter en André (Popeye) Wittstock.
Die puntemakers was Potgieter wat vyf drieë verdoel en een drie gedruk het, Reino Muller en Werno Smit wat elk twee drieë gedruk het en Jacobus Beyleveldt, Ruben Lello, Johan van Schaik en Wittstock wat elk een drie gedruk het.
Sasol 3 het op Carolina se tuisveld met hulle kragte gemeet en die wedstryd met ’n telling van 72-0 gewen.
Die puntemakers was Anver Janurg wat twee drieë gedruk en drie drieë verdoel het, Lourandt Pepler wat drie drieë gedruk en twee verdoel het, Jaco de Vos en Endrico Jacobs wat elk twee drieë gedruk het en Jaco Jacobsz, Pieter Odendaal, Dumisani Mashaba wat elk een drie gedruk het.
Sasol 1 speel eerskomende Saterdag tuis teen Witrivier 1 terwyl Sasol 2 tuis teen Nelspruit 2 speel.
Die publiek is welkom om die spanne te ondersteun.
Sasol 3 speel Sondag die voorwedstryd vir die Pumas in Mbombela.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here