Die Helpende Hand Secunda-tak se lede en bestuur by personeel van John Dory’s verlede Donderdagaand toe Helpende Hand en John Dory’s ’n Terug Skool toe-aand aangebied het.

Die Helpende Hand Secunda-tak het Donderdagaand (6 Julie) by John Dory’s ’n Terug Skooltoe-aand aangebied om geld in te samel.
’n Deel van die wins wat John Dory’s gemaak het, sal aan Helpende Hand geskenk word.
Van die projekte wat dié tak beplan, is die Kamerdiensprojek waarmee hulle op 20 Julie die inwoners van Davieshof gaan bederf.
“Ons wil hulle die gevoel laat kry dat hulle in ’n hotel is,” het Geraldine Stoffberg, voorsitter van Secunda Helpende Hand, gesê.
“Ons gaan hulle bedien met kos en geskenkpakkies.”
Dié tak bied op 24 Julie ’n Cowboy-aand by Spur aand vanaf 17:00 tot 21:00 en op 23 Augustus ’n Griekse-aand by Panarotti’s.
Ondersteun dié tak deur op dié twee aande by Spur en Panarotti’s te gaan eet.
Die tak gaan kos en komberse insamel.
Vir meer inligting, skakel Geraldine by 072 967 9991 of besoek Helpende Hand se webwerf by www.helpendehand.co.za

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here