AfriForum lei buurtwag op

0
497

AfriForum se buurtwag op Secunda het onlangs opleiding ontvang.
Volgens AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga Wes, Hillel Coetzer, is dit die eerste van talle opleidingssessies vir die buurtwag om sodoende hul eie veiligheid, asook dié van die gemeenskap te verseker.
“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” het Hillel gesê.
Nico Venter, voorsitter van AfriForum se buurtwag op Secunda, het gesê: “Opleiding is belangrik vir enige veiligheidstruktuur en die buurtwag se hoofdoelwit is om ons gemeenskap te beveilig.
“Ons is hier om ’n verskil te maak en wil graag saam met ander veiligheidstrukture werk om dít te verwesenlik.”
Hennie Pretorius, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, het die gemeenskap aangemoedig om by die tak en die buurtwag betrokke te raak.
Om betrokke te raak, stuur ’n SMS met die woord ‘buurtwag’ na 45350.
’n SMS kos R1.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here