Jim van Tonderskool se eerste rugbyspan het hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit toe hulle op Saterdag, 24 Junie tydens die LSEN Noordvaal-eindbyeenkoms as wenners uit die stryd getree het.
Hulle het met Kwaggasrand kragte gemeet en hulle geklop met ’n telling van 34-17.
Dit is die eerste keer sedert 1973 wat Jim van Tonderskool se eerstes as algehele Noordvaal-wenners wegstap.
Sandiwe Sibiya van Jim van Tonderskool is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here