Sasol Hydra Arc-rugbyklub se spanne het weer die naweek geseëvier.
Sasol 1 en 2 het met Witrivier afgereken terwyl die derdes teen Ermelo gespeel het.
Sasol 1 se wentelling was 53-25 en die Spelers van die Wedstryd is Fanie Booysen en Deon Greef.
Die puntemakers was Jannie van der Merwe wat twee drieë gedruk het en vier drieë verdoel het, Juandré Kleynhans wat vier drieë gedruk het en Steven Jacobs, Izan Green en Ruan van der Golff wat elk een drie gedruk het. Sasol 2 se wentelling was 62-15 en die Spelers van die Wedstryd is Carlo Kleynhans en Neoi Maliehe.
Die puntemakers was Kleynhans wat sewe drieë verdoel het, een strafskop deur die pale gestuur het en een drie gedruk het en Jacobus Beyleveldt, Brandon Wienand, Ruben Lello, Steyn van der Heever, Devin Pretorius, Johan van Schaik, Xander Young en Gert Pieterse wat elk een drie gedruk het.
Sasol 3 se wentelling was 22-10 en die Spelers van die Wedstryd is Pieter Odendaal en Dumisani Mashoko.
Die puntemakers was Happy Selepe wat twee drieë gedruk het, Ruan Dickenson wat een drie verdoel het en Odendaal en Mashoko wat elk een drie gedruk het.
Sasol speel Saterdag hul laaste liga-wedstryd vir die seisoen en sal teen die Ferros opdraf op Sasol se tuisveld.
Ondersteuners is welkom om die spanne te gaan ondersteun.
Sasol 3 skop om 13:30 af, Sasol 2 om 14:30 en Sasol 1 om 16:00.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here