DJ Ossewa is vanjaar die hoogtepunt by Laerskool Secunda se inniPark Fees wat op 26 Augustus in die groenstrook teenaan die Sasolklub plaasvind.

Laerskool Secunda bied vanjaar op Saterdag, 26 Augustus hul jaarlikse inniPark Fees in die groenstrook teenaan die Sasolklub.
Dit sal die derde jaar wees wat Laerskool Secunda dié fees aanbied en dit beloof om, soos die vorige jare vir hope vermaak te sorg.
Verlede jaar het sowat 4 000 mense dié fees bygewoon.
Vanjaar se hoogtepunt is DJ Ossewa se optrede.
Ander kunstenaars wat gaan optree, is Gerhard Steyn, Ray Dylan, Dirk van der Westhuizen en Secunda se eie sangsensasie, PJ Pretorius wat tans op The Voice SA op M-NET te sien is.
Vir die kinders gaan daar ook vermaak wees wat ’n vertoning deur Babalela insluit, asook springkastele, ponies, trekkertjie-ry en kinderspeletjies.
Daar gaan ook ’n Mnr. en Mej. Fees-kompetisie gehou word.
Toegang is R80 vir volwassenes, R50 vir hoërskool-leerlinge en pensionarisse en R30 vir laerskool-leerlinge en kleuters.
Kaartjies sal by die hekke te koop wees en daar is nog stalletjies beskikbaar teen R350 per stalletjie.
Daar sal ook ’n fietswedren plaasvind en kinders tussen 7 en 14 jaar oud kan deelneem.
Wen twee kaartjies vir die fees deur na die inniPark Fees se Facebook-blad te gaan.
Belangstellende ondernemings kan as borge vir die fees optree en sodoende blootstelling kry.
Vir mere inligting, skakel Lizelle van Zuydam by 017 634 7612 of stuur ’n e-pos na skakel@secundalaer.co.za.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here