Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan wil nie net beter rugbyspelers wees nie, maar ook beter mense.
Hulle het dus besluit om ’n vir Henko Naudé, ’n graad 9-leerling aan Hoërskool Secunda wat in ’n rolstoel is, die geleentheid te gee om saam met die eerste span op die veld te ‘ry’.
Henko het ’n spiersiekte en kan nie self rugby speel nie, maar hy is ’n groot sport-geesdriftige en dit was vir hom ’n wonderlike geleentheid om saam met die eerste span op die veld te gaan.
Die span het ook vir hom ’n rugbybal gegee met al die spanlede se name op en hy het gedurende die hele wedstryd teen Hoërskool Bergvlam wat op 20 Mei plaasgevind het, saam met die reserwe spelers op die bankie gesit.
Hoërskool Secunda het dié wedstryd met 76-26 gewen.
“Ons span het vanjaar nog nie een wedstryd verloor nie,” het JJ Hennop, die eerste span se afrigter, gesê.
“Dit is goed om te wen, maar met dié gebaar het die spelers iets anders geleer – iets meer as net rugby.
“Mense moet opkyk na die eerste span as nie net goeie rugbyspelers nie, maar ook goeie mense.
“Dit is ’n kultuur wat uitgebeeld word, een van ons waardes is om om te gee.”

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here