Sasol Hydra Arc Rugbyklub se derde span het Saterdag op hul tuisveld vir eMbalenhle se eerste span met van 58-19 geklop.
Sasol 3 se Spelers van die Wedstryd was Lourens Basson en Given Thabalala.
Die puntemakers was Basson en Sphelo Jama wat elkeen twee drieë gedruk het.
Jaco Jacobsz, Yonela (Ezy) Vula, Karel Pieter de Jager, Tiaan Habig, Gert Pieterse en Jaco de Vos het elkeen een drie gedruk en De Vos het drie drieë verdoel terwyl Wilco de Wet een drie verdoel het.
Sasol se eerste en tweede spanne het ’n rusnaweek geniet.
Sasol 1 en 2 se volgende wedstryde word op Middelburg gespeel en Sasol 3 se wedstryd word op Standerton beslis.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here