Bloeddiens, Secunda, Alwyn Carstens, The Bulletin
Alwyn Carstens en suster Ansie Meintjes toe hy sy 350ste eenheid bloed geskenk het op Woensdag, 24 Mei.

Oom Alwyn Carstens het nie net op 24 Mei sy 80ste verjaarsdag gevier nie, maar hy het op dié dag ook sy 350ste eenheid bloed by Secunda-bloeddiens geskenk.
Hy het ná al die jare steeds die kaartjie van sy eerste bloedskenking wat op 13 Februarie 1965 was.
Oom Alwyn is al vir 25 jaar op die bloeddiens se skenkerskomitee en het al as onder-voorsitter, voorsitter en sone-voorsitter gedien.
Daar was wel tye toe dit vir Oom Alwyn onmoontlik was om bloed te skenk.
Hy het destyds twee rugoperasies ondergaan en ’n bloedklont het ook deur sy regterlong geskiet, maar in hierdie tyd het hy steeds ander aangemoedig om bloed te skenk.
“Ek het reeds baie skenkers gewerf en beywer my steeds om nuwe skenkers te werf,” het Oom Alwyn gesê.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here