100% Oumas, The Bulletin, Secunda
Die span van 100% Oumas is Winnie Steenkamp, Dina Rossouw en Petro Coetzee.

Die drie vroue van 100% Oumas word gereeld by feeste en markte in die omgewing gesien waar hulle van gehekelde baadjies tot popklere verkoop.
Winnie Steenkamp het dié inisiatief sowat drie jaar terug saam met haar sussie en niggie, Hettie Thompson en Lauret Barnard begin.
Hettie is sowat twee weke gelede dood aan kolonkaner en Lauret is in 2015 dood aan ’n hartaanval.
Die twee nuwe lede van 100% Oumas is Dina Rossouw en Petro Coetzee.
“Ons het besluit om goedjies te maak wat vir ons lekker is en geld daardeur te verdien,” het Winnie gesê.
Dié ouma’s se popklere is nogal hoog in aanvraag.
“Gelukkig vir ons speel kinders nog met poppe,” het Winnie gesê.
Die lekkerste vir die ouma’s is om met hul kliënte te kuier om hul uitstaltafel.
Dina het vir jare spyseniering gedoen en Winnie het ’n bakkery op die dorp besit, maar dit verkoop toe sy afgetree het.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here