AfriForum, Secunda, The Bulletin
Hennie Pretorius, voorsitter van die AfriForum-tak op Secunda, by die water wat AfriForum getoets het.

AfriForum het onlangs Secunda se watergehalte as deel van hul nasionale Blou- en Groendruppelprojek getotes en bevind Secunda se drink- en rioolwater is skoon.
“Ons het vasgestel dat Secunda se drink- en rioolwater geen swaarmetale bevat nie, en dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen,” het Hennie Pretorius, voorsittervan AfriForum se Secunda-tak gesê.
“AfriForum gaan die watergehalte deurlopend toets om die grondwetlike regte van Secunda se inwoners te beskerm en te verseker dat hulle van skoon drinkwater voorsien word.”
AfriForum se nasionale Blou-en-Groendruppelprojek fokus op die gehalte van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte.
Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.
“Ons versoek Secunda se inwoners om aan AfriForum die mandaat te gee om die watergehalte voortdurend te moniteer,” het Hillel Coetzer, streekskoördineerde vir Mpmalanga-Wes, gesê.
SMS “Secunda” na 45350 om dié aksie te ondersteun. ’n SMS kos R1.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here