Sasol Hydra Arc-spanne klop Ferros

0
1938
Hydra Arc Sasol Rugby-klub, Secunda, The Bulletin

Sasol-rugbyklub het Saterdag op Witbank met die Ferros kragte gemeet en Sasol se eerste- en tweede rugbyspanne het hul wedstryde gewen.
Sasol Hydra Arc 1 se wentelling was 38-34. Die Spelers van die Wedstryd was Werno Smit en Ruben Lello.
Die puntemakers was Mark Jacobs, Christiaan Wessels, Ruben Lello en Fanie Booysen wat elkeen een drie gedruk het.
Booysen het twee drieë verdoel en Steven Jacobs het twee drieë verdoel en een strafskop deur die pale gestuur.
Sasol Hydra Arc 2 se wentelling was 40-14 en Gert Pieterse en Hancu Nel was die Spelers van die Wedstryd.
Die puntemakers was Jacobus Bylveldt, Gert Pieterse, Brendon Wienand en Sphelo Jama wat elkeen een drie gedruk het.
Rian Boshoff het twee drieë gedruk en vyf verdoel.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here