Laerskool Secunda, mini-lab, Secunda, The Bulletin

Leerlinge van Laerskool Secunda het die geleentheid om van Graad RR af al wetenskap- en ander eksperimente te doen.
By Laerskool Secunda se mini-laboratorium, waar Charyn Janse van Rensburg (onderwyseres) is, word eksperimente in chemie, fisika , biologie, geologie, tegnologie en sterrekunde gedoen.
Die doel van die laboratorium is om spesifiek op leerlinge vanaf Graad RR tot Graad 3 te fokus omdat leerlinge eers vanaf Graad 4 wetenskap as vak neem.
“Ons wil hulle van jongs af blootstel aan wetenskap om reeds ’n liefde te kweek,” het Charyn gesê.
“Ons wil die leerlinge ook ’n goeie agtergrond gee.
“Ek glo ons leerlinge gaan ’n voor-sprong hê wanneer hulle in Graad 4 kom.”

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here