Janete se dasse-kwilt maak haar ‘n wenner

0
1599
Janete Bosman, Bernina, Secunda, The Bulletin

Janete Bosman het verlede jaar Bernina se kompetisie om ’n kwilt te maak, gewen.
Die tema vir die Bernina-kompetisie was om ’n Josefskleed te maak.
Janete het daar en dan besluit om ’n kleurvolle kwilt wat 1.5cm by 1.5cm groot is van dasse te maak
Janete het op Virginia in die Vrystaat grootgeword met ’n ma wat twee bruidswinkels gehad het en ’n ontwerper was.
“My ma was baie betrokke by dieVLU en ons moes haar altyd help sale opmaak en met die kos voorberei,” het Janete gesê.
“Sy het ook uitgestaan met haar blomme-rangskikkings en sy was ongelooflik kreatief.”
Sy het twee jaar gelede, toe sy ná 26 jaar by Sasol waar sy as uitvoerende sekretaresse gewerk het, afgetree het, vir haar ’n Bernina-masjien wat spesifiek kwilt-werk, deurstikwerk en borduurwerk doen, gekoop.
Sy leef nou haar kreatiwiteit uit.
Sy het almal bedank wat dasse gegee het en in besonder vir Jolene de Beer van Laerskool Secunda en Erith Hall van die Secunda-VLU-tak.
Dit het Janete drie maande geneem om die kwilt te maak.
Janete het met haar wengeld ’n groter program vir haar rekenaar gekoop om borduurwerk te doen.
Sy wil nou haar horisonne vebreed en kwiltbaadjies begin maak.
“Dit is my begeerte om die mooiste kwiltbaadjies te ontwerp en te maak,” het Janete gesê.
Verder hou Janete haar besig daarmee om aërobiese klasse aan te bied en lyndans-klasse.
Sy en haar man, Hermann, het al aan lang afstand padfietswedrenne deelgeneem.
“Ek wil graag vir die Here dankie sê vir al die geleenthede wat Hy al vir my as mens gegee het,” het Janete gesê.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here