Voertuig kom bo-op ander voertuie te lande

0
3421
Medforum-gebout, Heunisstraat, Secunda, The Bulletin, Ongeluk

’n Vrou het vroeër vanmiddag deur die pallisade by die Medforum-gebou in Heunisstraat gery en haar voertuig het bo-op twee ander voertuie wat in die parkeergebied gestaan het, te lande gekom.
Volgens mense wat in die Medforum-gebou werk, het hulle ’n groot slag gehoor en na buite gehardloop waar hulle die voertuig bo-op die ander twee gesien het.
Die vrou was glo binne-in die voertuig, wat op sy sy gelê het, vasgekeer.
Die vrou is met geringe beserings deur ER24 na Evander-hospitaal geneem.
Dit blyk dat die vrou beheer oor haar voertuig verloor het.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here