Die Hoëveld-seilklub was op 6 en 7 Mei die gasheer vir die provinsiale Halcat-seilwedvaart wat by Trichardtsfonteindam gehou is.
Altesaam 12 seiljagte het deelgeneem al was die wind nie baie sterk nie.
Volgens die klub se Magda van Lienden, word die seilwedvaarders se vernuf tot die uiterste beproef as daar nie goeie windstoestande is nie.
Roger Hill van Witbank het die kompetisie gewen terwyl Wayne en Eugene Thornhill van die Hoëveld-seilklub onderskeidelik tweede en derde geëindig het.
Pieter Wisserkerke was vierde en Sean Boyley, ook van die Hoëveld-seilklub, was vyfde.
Frans Fuls van Chrissiesmeer was sesde en Mauritz von Zijl, Wikus von Zijl, Dris Lategan en Eugene van Deventer, almal van die Hoëveld-seiklub, het onderskeidelik sewende, agtste, negende en 10de geëindig.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here