Raak betrokke by Helpende Hand

0
831

Alisha de Lange, Solidariteit Helpende Hand se streeksorganiseerder vir Mpumalanga, het op 24 April by Davieshof vir inwoners meer van dié organisasie vertel en ook die projekte wat hulle doen.
Een van diék projekte is Help Hanna waar Helpende Hand dogters help met toiletware en sanitêre doekies onder andere.
“Dogters mis 55 skooldae jaarliks omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie en dan eerder by die huis bly,” het Alisha gesê.
Een van Helpende Hand se nuwe projekte is Help Hennie waar hulle toiletware en onder andere skeermesse en skeerroom vir seuns gaan insamel.
Van die ander projekte is Vat ’n Ouma Fliek toe en Vat ’n Oupa Rugby toe waar Helpende Hand op bejaardes fokus en hulle uitneem vir die dag.
Akademia, Helpende Hand se Afrikaanse universiteit in Centurion, bied tans sewe graad-kursusse aan en het satteliet-kampusse in ander dele van Suid-Afrika.
Helpende Hand se tak op Secunda is aktief en vergader maandeliks.
Vir meer inligting, of om betrokke te raak, skakel Marlien Combrinck by 082 908 6655.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here