Martie laat poppe na regte babas lyk

0
3683

Dit is nie elke ouma wat ‘reborn’-poppe maak vir ’n stokperdjie nie.
Dit is Martie Schriven se nuutste stokperdjie.
Sy het sowat drie weke gelede die kursus voltooi waar sy geleer het om die poppe te maak en is tans besig om haar derde pop te maak.
Sy gaan in Desember vanjaar aan haar eerste kompetisie om dié poppe te maak, deelneem.
‘Newborn’-poppe is uniek en pryse begin by R2 500 en dit kan tot R7 000 kos vir een pop.
Hoe meer fyn werk of hoe groter die pop, hoe duurder is hulle.
Mense kan die geslag van die pop kies en ook hule hulle hare moet lyk.
Die poppe kan ook met ’n laplyf of ’n ‘vinyl’-lyf gemaak word.
Martie kan selfs premature poppe maak en ook tweelinge.
Die gogga het Martie gebyt nadat sy vir haar kleinkinders elkeen een gekoop het.
“My niggie wat in Despatch woon, maak dié poppe al lankal en toe ek afgetree het, het ek ’n stokperdjie gesoek en besluit om die poppe te begin maak,” het Martie gesê.
Dit neem Martie sowat ’n week om een pop klaar te maak.
Dit het haar vyf ure geneem net om een pop se hare klaar te maak.
“Dit is so lekker stokperdjie, ek geniet dit baie,” het sy gesê.
Sy het vir jare op Kriel gewoon en as eiendomsagent gewerk en ook as streeksbestuurder by ’n meubelwinkel.
Sy en haar man, Nico, woon nou al vyf jaar op Secunda.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here