Zanel moet nog ’n operasie kry

0
1451

Zanel Schnepel is op 23 Januarie 2015 met klompvoete gebore.
Sy was net vyf dae oud toe dokters gips aan haar bene gesit het en sy het in April dieselfde jaar haar eerste operasie ondergaan.
Sy moes spesiale skoene dra toe die gips af gekom het.
Zanel se ma, Anzel Kruger, het nie ’n mediese fonds nie en Zanel het die eerste operasie in ’n privaat-hospitaal in Pretoria ondergaan.
By die staats-hospitaal sou sy op ’n waglys moes gaan en dokters het gesê hoe langer ’n mens wag met dié operasie, hoe minder is die kanse vir haar bene om reg te kom.
Die gemeenskap het twee jaar terug hul harte oopgemaak en genoeg geld vir Zanel ingesamel om die operasie te ondergaan.
Nou, twee jaar later, moet sy egter weer ’n operasie ondergaan omdat sy steeds ’n probleem het met haar voetjies.
Dié operasie gaan sowat R43 000 kos.
“Ons wil graag hê dieselfde dokter wat haar die eerste keer geopereer het, moet haar nou weer opereer,” het ’n familie-lid, Heleen Bezuidenhout, gesê.
As jy Zanel wil help, skakel Heleen by 082 447 2595.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here