Kry hulp vir jou kind se wiskunde

0
584

Wiskunde is vir baie leerlinge en soms ook ouers ’n nagmerrie.
Talle ouers kla oor swak eksamenuitslae.
Volgens Alisha de Lange, streeksorganiseerder van Helpende Hand Mpumalanga, is wiskunde as vak egter noodsaaklik vir verskeie skaars vaardigheids-beroepe.
Wiskunde-spesiales van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde (VAW), Valentyn van der Merwe het gesê: “Wiskunde-kennis bou op mekaar en soms is dit slegs een probleem of afdeling waarmee ’n kind sukkel.
“Partykeer moet ’n kind net ’n ander verduideliking sien om iets beter te verstaan.”
Die VAW meen dat ekstra wiskundeklasse nie net help om sekere onderwerpe onder die knie te kry nie, maar kan ook kinders se punte drasties opskuif.
“Een onderwerp verhoed ’n kind soms om van ’n B na ’n A te skuif.
“Hoe beter ’n leerder verstaan, hoe beter sal hy presteer,” het Valentyn gesê.
“Ekstra wiskundeklasse is ’n uitstekende belegging, maar deesdae betaal ouers deur hul nekke om kinders ekstra klasse te laat loop of om tyd te kry in kinders se besige skedules vir die klasse,” het Alisha gesê.
Solidariteht Helpende Hand het onlangs hul wiskunde inisiatief bekend gestel wat ’n oplossing bied vir dié probleem.
“Hellpende Hand besef die belangrikheid van wiskunde en die deure wat dit vir kinders kan oopmaak in die kompeterende wêreld van werk,” het Alisha gesê.
“Dit is hoekom die organisasie nou vir hul ondersteuners toegang tot weeklikse aanlyn ekstra wiskundeklasse van wêreldgehalte bied vir so min as R50 per maand.
“’n Aanlyn-klas beteken dat kinders dit op hul eie tyd en in hull eie kamer kan benut.”
Helpende Hand bied dié klasse aan vir leerlinge van gr. 4 tot 12.
Ander voordele wat kinders kan geniet is:
• Toegang tot die esktra wiskunde webwerf waar die klasse van gr. 4 tot 12-leerlinge gesien kan word asook toegang tot Akademia se 11 landwye sentrums waar gr. 12-klasse regstreeks gekyk kan word.
• Toegang tot ’n wiskunde-spesialis wat beskikbaar is vir vrae en antwoorde. Dié wiskunde-spesialis sal jou kind met moeilike probleme kan help.
• Gratis wiskunde-winiterskool vir gr. 12-leerlinge vanaf 12 tot 14 Julie wat regstreeks via Akademia se platform na 11 sentrums landswyd uitgesaai gaan word. (spasie vir dié opsie is beperk so registreer vroegtydig).
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na Alisha by alisha@helpendehand.co.za

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here