Plaaslike gimnaste behaal plekke

0
1132

Lede van die Sasol- ritmiese gimnastiekklub het op Saterdag, 22 April aan ’n kompetisie op Ermelo deelgeneem en presteer.
Danae Enslin en Steyn le Roux het albei eerste plekke behaal terwyl Cassidy Amsterdam, Mieke van Jaarsveld, Jonize Botha, Henro Fourie en Rikes de Villiers tweede geëindig het.
Mareli Orsmond, Kien van der Linde en Wian Nel het derde geëindig en Neline Botha, Mariska Steenkamp en Jean-Pierre de Villiers het vierde geëindig.
Ashlynn Bester was agtste en Damian Bisscoff was 10de.
Al die meisies het by dié kompetisie gekwalifiseer om aan die volgende kompetisie wat op 5 en 6 Mei in Pretoria plaasvind, deel te neem.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here