Baba Luke: rekening styg daagliks

0
751

Luke Britz, wat op 14 Februarie 12 weke te vroeg gebore is, is steeds in die hospitaal.
Die hospitaalrekening beloop al R1.3 miljoen.
Dit is sonder die R35 000 wat die familie reeds betaal het.
Die familie kon dié geld betaal weens plaaslike inwoners en ondernemings wat geld geskenk het.
Klein Luke se ouma, Estie Smit, het gesê hy het al bietjie gegroei sedert sy geboorte en is nou al 42cm lank en weeg 1.88kg.
Hy sukkel egter steeds met sy longetjies en is steeds aan ’n suurstofmasjien gekoppel.
Luke se ouers het nie ’n mediese fonds nie en hy word in ’n privaat-hospitaal behandel omdat die staatshospitale nie die toerusting het wat Luke benodig nie.
Hy is te vroeg gebore toe sy ma, Hanrie Britz, geskrik het vir ’n harde donderweerslag.
“Ons bid baie hard dat hy kan huis toe kom,” het sy ouma gesê.
Hulle besoek hom twee tot drie keer daagliks in die hospitaal.
Die Zandfontein Perdeplaas naby Brendan Village bied op Saterdag, 6 Mei ’n markdag aan en ’n gedeelte van die wins gaan aan Luke geskenk word.
Daar is nog uitstalruimte beskikbaar teen R100 ‘n stalletjie. Uitstallers moet hul eie kragopwekkers saamneem. Geen kosstalletjies gaan toegelaat word nie.
Daar gaan pret wees vir die hele gesin en selfs perderitte vir kinders.
Vir meer inligting, skakel Carel by 062 989 5945.
Ander geleenthede wat gereël is om vir Luke geld in te samel, sluit in ’n bederfdag by die BTI (Beauty Therapy Instutute) op Trichardt op Saterdag, 20 Mei.
Belangstellendes kan hulself bederf met verskillende masserings wat wissel vanaf R100 tot R150 of hul naels laat doen.
Vir meer inligting, of om te bespreek, skakel Yolandi by 082 499 1268.
Manie Jackson gaan by Our Place op Trichardt optree op Woensdag, 31 Mei.
Kaartjies kos R150 per volwassene en R75 per kind onder die ouderdom van 12.
’n Gedeelte van die opbrengs gaan ook aan Luke geskenk word.
Vir meer inligting of om te bespreek, skakel Estie by 074 601 6912.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here