Stoeiers blink uit in Kaapstad

0
884

Vier van Sasol Stoei-klub se stoeiers was in die Mpumalanga Stoeispan en het vanaf 6 tot 8 April aan die Suid-Afrikaanse Presidente Stoei-kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem.
Van die ses medaljes wat Mpumalanga by die kampioenskappe ingepalm het, is vyf deur stoeiers van Sasol Stoei-klub verower.
Nico van den Berg het behoorlik uitgeblink en sy 19de Suid-Afrikaanse titel weer gevat. Zak Manaia het ’n silwer medalje ingepalm terwyl Nathan Webb en Jordan Webb brons medaljes ingepalm het.
Johan van den Berg was die afrigter, Elma Webb die spanbestuurder, Manie en Lollie van den Berg was admin beamptes en Nico van den Berg was ’n skeidsregter by die Vrystyl Stoei-kampioenskappe.
Dit was Nico se eerste Suid-Afrikanase optrede om te kwalifiseer as Suid-Afrikaanse beampte en hy het sy eksamen geslaag.
Lede van Sasol-stoeiklub oefen op Maandae en Woensdae om 18:00.
Belangstellendes kan Lollie van den Berg skakel by 082 343 7800.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here